2 Kings 21:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk van die land het almal gedood wat teen koning Amon saamgesweer het; en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die burgers van die land het almal wat teen koning Amon saamgesweer het, doodgemaak. Hulle het sy seun Josia in sy plek koning gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die burgers van die land almal doodgemaak wat saamgesweer het teen koning Amon, en hulle het sy seun Josia in sy plek koning gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die volk van die land het almal wat teen koning Amon 'n komplot gesmee het, doodgemaak. Toe het die volk van die land Josia, sy seun, in sy plek koning gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die land het die amptenare doodgemaak wat vir Amon vermoor het, en toe het die mense van die land vir Josia seun van Amon koning gemaak ná hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van die land het egter die moordenaars gevang en tereggestel. Hulle het toe Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak. |