2 Kings 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het die afskuwelike gebruike van die heidennasies wat die Here voor die Israeliete uit die land gedryf het, nagevolg.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
Afrikaans 1983 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het die afskuwelike optrede van die heidennasies nagevolg wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. In ooreenstemming met die afstootlike gebruike van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Manasse het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, die slegte dinge wat die ander volke gedoen het. Die Here het daardie volke weggejaag sodat die Israeliete daar kan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here was glad nie tevrede met wat Manasse gedoen het nie. Hy het weer die verskriklike dinge gedoen wat die mense wat voor die Israeliete in die land gewoon het, altyd gedoen het.