2 Kings 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy gesondig het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Die ander gebeurtenisse tydens Manasse se regering, alles wat hy gedoen het, asook die sondes wat hy gepleeg het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.
Afrikaans 1933/1953 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
Afrikaans 1983 Die ander verhale oor Manasse en alles wat hy gedoen het, en die sonde wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdere geskiedenis van Manasse, alles wat hy gedoen het, en die sonde wat hy gepleeg het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die ander dinge wat Manasse gedoen het, en die sondes wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van Manasse se geskiedenis en die sonde wat hy gedoen het, word vertel in Die lewe en werk van al Juda se konings.