2 Kings 21:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het Manasse baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van die een einde tot die ander gevul het; behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manasse het ook so baie onskuldige bloed vergiet dat hy Jerusalem van hoek tot kant daarmee vol gemaak het. Dit was benewens die sonde wat hy Juda laat doen het. Dit alles was verkeerd vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Behalwe die sonde wat Manasse Juda laat doen het, wat verkeerd was in die oë van die Here, het Manasse ook nog baie onskuldige mense laat doodmaak. Jerusalem was van hoek tot kant vol bloed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Boonop het Manasse so baie onskuldige bloed vergiet dat hy Jerusalem daarmee van hoek tot kant gevul het. Dit was afgesien van sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ook, Manasse het onskuldige mense laat doodmaak, hy het hulle bloed laat vloei totdat Jerusalem vol bloed was van die een kant tot by die ander kant. Hy het ook die mense van Juda sonde laat doen, hulle het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Manasse het bo en behalwe die verkeerde dinge wat hy Juda laat doen het en waaroor die Here so kwaad was, ook nog onskuldige mense laat vermoor. In Jerusalem het die bloed vrylik gevloei. |