2 Kings 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë en My geterg het van die dag af wat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want hulle het gedoen wat vir My verkeerd was, en het My uitgetart vandat hulle voorouers uit Egipte gekom het tot vandag toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Dit sal gebeur omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in my oë en My uitgetart het van die dag af dat hulle voorvaders uit Egipte getrek het tot vandag toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in my oë en My bly uittart het, van die dag dat hulle voorouers uit Egipte getrek het tot vandag toe.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek doen dit omdat hulle dinge gedoen het waarvan Ek nie hou nie. Hulle het My kwaad gemaak van die dag toe hulle voorvaders uit Egipte gekom het tot vandag toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | omdat hulle aangehou het om verkeerde dinge te doen. Hulle het My bly uitdaag sedert hulle oupas en oumas uit Egipte weg is en hulle doen dit vandag nog steeds.” |