2 Kings 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die oorblyfsel van my erfdeel verlaat en hulle in die hand van hulle vyande gee; en hulle sal 'n buit en 'n buit word vir al hulle vyande;
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal Ek die oorblyfsel van my volk verwerp en hulle oorgee as buit vir hulle vyande.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande 'n buit en 'n plundering sal word;
Afrikaans 1983 Wat oor is van die volk wat aan My behoort, gaan Ek verwerp en hulle oorgee in die mag van hulle vyande. Hulle sal deur al hulle vyande geplunder en uitgeroei word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal wat oorgebly het van my erfenis, verstoot; Ek sal hulle oorgee in die hand van hulle vyande. Hulle sal buit word en oorlogsroof vir al hulle vyande,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek gooi die mense weg wat nog oorgebly het van my volk. Ek gee hulle vir hulle vyande. Al hulle vyande sal hulle vang en wegvat wanneer hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal die paar mense wat van my volk oorbly, aan hulle vyande oorgee om besteel en uitgeroei te word,