2 Kings 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die lyn van Samaria oor Jerusalem uitspan en die skietlood van die huis van Agab; en Ek sal Jerusalem afvee soos 'n man 'n skottel afvee, dit afvee en dit onderstebo keer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal Jerusalem oordeel met dieselfde maatstaf wat Ek vir Samaria gebruik het en waarmee Ek die familie van Agab geoordeel het. Ek sal Jerusalem uitvee soos ’n mens ’n skottel uitvee en dit onderstebo draai.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samar¡a span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.
Afrikaans 1983 Ek gaan Jerusalem met dieselfde maat meet as dié waarmee Ek Samaria en die koningshuis van Agab gemeet het; Ek gaan Jerusalem skoonvee soos 'n mens 'n skottel skoonvee en dan omkeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan oor Jerusalem die maatlyn van Samaria span, en die skietlood van die huis van Agab. Ek gaan Jerusalem skoonvee soos mens 'n skottel skoonvee – as dit skoongevee is, word dit omgekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit met Jerusalem laat gaan soos met Samaria en met die koningshuis van Agab. Ek sal Jerusalem skoonvee soos 'n mens 'n skottel skoonvee en dit omdraai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal met Jerusalem doen wat Ek met Samaria en met die koningshuis van Agab gedoen het; Ek sal Jerusalem uitvee soos ’n mens met ’n vuil skottel maak en hom omkeer;