2 Kings 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek bring sulke onheil oor Jerusalem en Juda, dat elkeen wat daarvan hoor, sy twee ore sal tuit.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, so sê die Here, die God van Israel: Ek bring soveel onheil oor Jerusalem en Juda dat die twee ore van hulle wat dit hoor, sal tuit.
Afrikaans 1933/1953 daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek sal 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
Afrikaans 1983 daarom, so sê die Here die God van Israel: Ek gaan nou rampe bring oor Jerusalem en Juda wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, so sê die Here, die God van Israel, “ ‘Kyk, Ek gaan so 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, dat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal tuit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, sê die Here die God van Israel, sal Ek dit nou so sleg laat gaan met Jerusalem en Juda dat elkeen wat daarvan hoor, baie geskok sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het die Here besluit: Ek gaan sulke verskriklike dinge met Jerusalem en Juda laat gebeur dat mense wat dit hoor, nie sal kan glo wat hulle hoor nie;