2 Kings 20:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jesaja: Hierdie teken moet jy van die HERE hê, dat die HERE sal doen wat Hy gespreek het: sal die skaduwee tien grade vorentoe gaan of tien grade teruggaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesaja antwoord hom: “Dit is die teken wat die Here vir jou gee om te bevestig dat Hy sal doen wat Hy beloof het: Wil jy hê dat die skaduwee tien trappe vorentoe moet gaan of tien trappe agteruit?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan? |
| Afrikaans 1983 | Jesaja het geantwoord: “Die Here gee jou die volgende teken dat Hy sal doen wat Hy gesê het: moet die skaduwee tien trappe vorentoe gaan of tien terugkom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesaja het geantwoord: “Dit sal vir jou van die Here af die teken wees dat die Here die woord wat Hy gespreek het, sal uitvoer: Moet die skaduwee tien eenhede vorentoe skuif, of moet dit tien eenhede terugskuif?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesaja het gesê: “Die Here sal doen wat Hy gesê het, en dit sal vir jou die teken wees: Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe wys dat dit laat is. Moet die Here die skaduwee tien trappe vorentoe laat gaan of moet Hy dit tien trappe terug laat gaan?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesaja antwoord hom toe: “Ja, die Here het ’n teken gegee. Jy kan kies of die skaduwee op die trap tien trappe vorentoe of terug moet gaan.” |