2 Kings 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía sê vir Jesaja: Wat sal die teken wees dat die HERE my sal genees en dat ek op die derde dag in die huis van die HERE sal opgaan?
Afrikaans (NLV) 2011 Hiskia het vir Jesaja gesê: “Watter teken sal die Here my gee om te bevestig dat Hy my sal gesond maak sodat ek oor drie dae weer in die tempel van die Here kan ingaan?”
Afrikaans 1933/1953 Hisk¡a het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?
Afrikaans 1983 Toe vra Hiskia vir Jesaja: “Wat is die teken dat die Here my sal gesond maak en dat ek oormôre weer na die huis van die Here toe sal gaan?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop vra Hiskia vir Jesaja: “Wat is die teken dat die Here my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die Here? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het gevra hoe hy sal weet dat die Here hom gesond sal maak sodat hy oormôre weer na die tempel kan gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het Hiskia vir Jesaja gevra: “Is daar ’n teken om te bevestig dat ek gesond sal word en weer tempel toe sal kan gaan?”