2 Kings 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesaja sê: Neem 'n klomp vye. En hulle het geneem en dit op die sweer gesit, en hy het gesond geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Jesaja vir Hiskia se dienaars: “Gaan maak ’n pap van vye!” Hulle het dit gedoen, dit op die sweer gesit en Hiskia het daarna beter gevoel.
Afrikaans 1933/1953 Verder sê Jesaja: Bring 'n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.
Afrikaans 1983 Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Jesaja: “Bring saamgeperste droë vye!” Hulle het dit gebring en op die sweer gesit; en hy het bly leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesaja het toe gesê hulle moet 'n pleister van vye maak en hulle moet dit op die koning se seerplek sit sodat dit gesond kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesaja vra toe: “Bring vir my saamgeperste droë vye.” Hulle het dit op die sweer gesit en Hiskia het gesond geword.