2 Kings 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Draai terug en sê vir Hiskía, die owerste van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek maak jou gesond; op die derde dag sal jy gaan op na die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan terug en sê vir Hiskia, die leier van my volk: ‘Dit is wat die Here, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak. Oor drie dae sal jy uit die bed opstaan en na die tempel van die Here toe gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Draai om en sê vir Hisk¡a, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan terug en sê vir Hiskia, die leier van my volk: So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek gaan jou gesond maak, en jy sal oormôre weer na die huis van die Here toe kan gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Draai om en sê vir Hiskia, die leier van my volk, ‘So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien. Kyk, Ek gaan jou gesond maak. Op die derde dag sal jy weer opgaan na die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet omdraai en jy moet vir Hiskia, die koning van my volk, gaan sê: Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak. Jy sal oormôre weer na die tempel kan gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan terug na Hiskia, my volk se leier, en sê vir hom: ‘Die Here, die God van Dawid, sê Hy het na jou gebed geluister en gesien hoe jy gehuil het. Hy sê: Ek het besluit om jou gesond te maak. Oormôre sal jy reeds weer tempel toe kan gaan. |