2 Kings 20:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hiskia vir Jesaja: Goed is die woord van die HERE wat jy gespreek het. En hy sê: Is dit nie goed as daar vrede en waarheid in my dae is nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Hiskia vir Jesaja: “Hierdie boodskap wat jy van die Here bring, is goed.” Maar die koning het gedink: “Daar sal minstens gedurende my leeftyd vrede en sekuriteit wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees! |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het vir Jesaja gesê: “Die woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed.” Hiskia het bygevoeg: “As daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiskia sê toe vir Jesaja: “Die woord van die Here wat jy gespreek het, is goed.” Hy het gedink: Sal daar dan nie tog maar net vrede en bestendigheid in my tyd wees nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het vir Jesaja gesê: “Ek het gehoor wat jy sê. Wat die Here gesê het, is goed.” Hiskia het ook gesê: “Ek hoop ons sal vrede hê en veilig wees so lank soos ek nog lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het Jesaja geantwoord: “Die boodskap van jou is reg so,” maar hy het by homself gedink: “Daar sal ten minste vrede en veiligheid wees so lank as wat ek leef.” |