2 Kings 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Wat het hulle in jou huis gesien? En Hiskía antwoord: Al wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks onder my skatte wat ek dit nie laat sien het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. “Hulle het alles gesien,” antwoord Hiskia. “Ek het vir hulle alles gewys wat ek besit, al my skatte.”
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
Afrikaans 1983 “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesaja vra toe: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het geantwoord: “Alles wat in my paleis is, het hulle gesien. Daar is niks in my voorraadkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesaja het gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het gesê: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Ek het vir hulle alles gewys wat in my stoorkamers is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nou wat het hulle alles in jou paleis gesien?” het Jesaja gevra. “Alles,” het Hiskia geantwoord, “daar is niks wat ek vir hulle weggesteek het nie.”