2 Kings 20:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê? en waarvandaan het hulle na jou gekom? En Hiskía sê: Hulle kom uit 'n ver land, uit Babel.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna gaan die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en vra hom: “Wat wou hierdie manne hê? Waar kom hulle vandaan?” Hiskia antwoord hom: “Hulle kom van ’n ver land, van Babel af.”
Afrikaans 1933/1953 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle gekom, uit Babel.
Afrikaans 1983 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en vra vir hom: “Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?” Hiskia het geantwoord: “Uit 'n ver land, uit Babel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesaja, die profeet, het na koning Hiskia gekom en hom gevra: “Wat het hierdie manne gesê, en van waar af het hulle na jou toe gekom?” Hiskia het geantwoord: “Uit 'n ver land het hulle gekom, uit Babilonië.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Jesaja het na koning Hiskia toe gekom en hy het vir die koning gevra: “Wat het daardie manne gesê? Van watter land het hulle gekom?” Hiskia het vir hom gesê: “Hulle het van 'n ver land na my toe gekom, van die land Babel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesaja die profeet het toe na Hiskia toe gegaan en gevra wie die besoekers was en waarvandaan hulle gekom het. Hiskia het geantwoord: “Hulle kom uit die ver land, Babel.”