2 Kings 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié tyd het Berodag-Bíladan, die seun van Baladan, die koning van Babel, briewe en geskenke aan Hiskia gestuur, want hy het gehoor dat Hiskia siek was.
Afrikaans (NLV) 2011 Kort hierna het Merodak-Baladan, seun van Baladan en koning van Babel, goeie wense en ’n geskenk aan Hiskia gestuur omdat hy verneem het dat Hiskia baie siek was.
Afrikaans 1933/1953 In die tyd het Berodag-B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat Hisk¡a siek was.
Afrikaans 1983 In dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het Merodag-Baladan, seun van Baladan, die koning van Babilonië, briewe en 'n geskenk na Hiskia gestuur, want hy het gehoor dat Hiskia siek is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek is. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kort nadat Hiskia so siek was, het Merodag-Baladan, die koning van Babel, briewe en ’n geskenk na hom toe gestuur. Hy het gehoor van Hiskia se siekte en herstel.