2 Kings 20:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die profeet Jesaja het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee tien grade agteruit gebring waarmee dit gedaal het in die wyserplaat van Agas.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet Jesaja vra toe vir die Here om dit te doen en die Here het die skaduwee op die trappe van Agas tien trappe agteruit laat gaan.
Afrikaans 1933/1953 En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
Afrikaans 1983 Die profeet Jesaja het die Here aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas afgesak het, tien trappe laat terugskuif.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Jesaja, die profeet, die Here aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds op die sonwyser van Agas afgesak het, tien eenhede laat terugskuif.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Jesaja het tot die Here gebid, en die Here het die skaduwee tien trappe terug laat gaan op die trappe van koning Agas. Dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesaja het toe ernstig gebid en die Here het die skaduwee op die trappe wat Agas gebou het, tien trappe terug laat beweeg.