2 Kings 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle deurgetrek het, sê Elía vir Elísa: Vra wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou weggeneem word. En Elísa sê: Laat tog 'n dubbele deel van jou gees op my wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle oorkant aankom, sê Elia vir Elisa: “Wat kan ek vir jou doen voordat ek van jou weggeneem word?” “Laat my asseblief ’n dubbele erfgenaamsdeel van u gees ontvang,” antwoord Elisa. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hulle deur was, sê El¡a vir El¡sa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En El¡sa antwoord: Laat dan tog 'n dubbele deel van u gees op my kom. |
| Afrikaans 1983 | Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was net deur, toe vra Elia vir Elisa: “Vra wat ek vir jou kan doen voordat ek van jou af weggeneem word.” Elisa het geantwoord: “Laat daar asseblief 'n dubbele deel van u gees na my kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl hulle deur die rivier geloop het, het Elia vir Elisa gesê: “Jy moet sê wat ek vir jou moet doen voordat die Here my wegneem van jou.” Elisa het geantwoord: “Ek wil asseblief ook 'n profeet wees soos jy, maar twee maal beter as ander profete.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die ander kant het Elia vir Elisa gevra: “Wat kan ek nog vir jou doen voordat ek van jou af weggeneem word?” Elisa het geantwoord: “Laat ek as seun wat eerste gebore is, ’n dubbele porsie erf.” |