2 Kings 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die profete-seuns wat in Jérigo was, het na Elísa gekom en vir hom gesê: Weet jy dat die HERE vandag jou heer van jou hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ja, ek weet dit; swyg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Groep profete uit Jerigo het Elisa tegemoetgekom en hom gevra: “Het jy geweet dat die Here vandag jou leermeester van jou gaan wegneem?” “Natuurlik weet ek dit,” antwoord hy weer. “Bly net stil!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom die profete-seuns wat in J,rigo was, na El¡sa toe aan en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil. |
| Afrikaans 1983 | Die profete van Jerigo het na Elisa toe gekom en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die profetegroep wat in Jerigo was, na Elisa gekom en vir hom gevra: “Weet u dat die Here vandag u heer bo u kop gaan wegneem?” Hy het geantwoord: “Ek weet dit ook. Bly net stil!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het profete van Jerigo na Elisa toe gekom en hulle het vir hom gesê: “Weet jy dat die Here vandag jou meneer sal wegneem van jou?” Elisa het gesê: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Groep profete wat in Jerigo gewoon het, het vir Elisa gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leier na Hom toe gaan wegneem?” Hy het toe weer geantwoord: “Natuurlik weet ek dit, maar moenie daaroor praat nie!” |