2 Kings 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daarvandaan opgegaan na Bet-el, en terwyl hy op pad was, kom daar kindertjies uit die stad uit en bespot hom en sê vir hom: Gaan op, kaalkop! gaan op, kaalkop.
Afrikaans (NLV) 2011 Elisa het daarna na Bet-El toe opgegaan. Terwyl hy in die pad loop, kom ’n groep klein seuntjies uit die dorp en begin hom spot. “Gaan op, kaalkop!” het hulle uitgeroep. “Gaan op, kaalkop!”
Afrikaans 1933/1953 En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!
Afrikaans 1983 Elisa is daarvandaan op na Bet-El toe. Terwyl hy op pad was daarnatoe, het 'n klomp klein seuntjies uit die stad gekom en hom gespot: “Hoër op, kaalkop! Hoër op, kaalkop!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het daarvandaan opgegaan na Bet-El. Terwyl hy padlangs opgaan, het 'n groep klein seuntjies uit die dorp gekom. Hulle het met hom die spot gedryf en vir hom gesê: “Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elisa het van die stad Jerigo na die stad Bet-El gegaan. Terwyl hy op die pad daarnatoe geloop het, het daar seuntjies uit die stad gekom. Hulle het hom gespot en gesê: “Loop, kaalkop! Loop, kaalkop!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elisa is weg uit Jerigo, na Bet-El toe. ’n Klomp seuntjies het uit die stad gekom en hom gespot. Hulle het geskree: “Gaan op, Bleskop! Gaan op, Bleskop!”