2 Kings 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het uitgegaan na die fontein van die water en die sout daarin gegooi en gesê: So spreek die HERE: Ek het hierdie waters gesond gemaak; daarvandaan sal geen dood of onvrugbare grond meer wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe gaan hy na die fontein waar die dorp water vandaan gekry het en gooi die sout daarin. Hy sê: “Dit is wat die Here sê: Ek maak hierdie water bruikbaar. Dit sal nie meer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het die water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het uitgegaan na die plek waar die water uitkom en die sout daar ingegooi, met die woorde: “So sê die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hy het uitgegaan na die bron van die water, die sout daarin gegooi en gesê: “So sê die Here, ‘Ek het hierdie water gesond gemaak; dit sal nie meer dood of misgeboortes veroorsaak nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Elisa het na die plek gegaan waar die water uit die grond kom. Hy het die sout in die water gegooi en gesê: “Die Here sê: Ek maak hierdie water gesond, dit sal nie meer die grond onvrugbaar maak en die plante laat doodgaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy stap toe na die oog van die fontein en gooi die sout daarin terwyl hy sê: “Die Here sê: ‘Ek het die water nou gesond gemaak. Dit sal nie weer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.’” |