2 Kings 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir hom: Kyk tog, daar is by u dienaars vyftig sterk manne; laat hulle tog gaan en soek u heer, dat die Gees van die HERE hom nie miskien opgeneem en op die een of ander berg of in die een of ander dal gewerp het nie. En hy sê: Julle mag nie stuur nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Meneer,” sê hulle, “hier is 50 dapper manne onder ons. Laat hulle tog na u leermeester gaan soek. Miskien het die Gees van die Here hom opgelig en êrens op ’n berg of in ’n vallei neergesit.” “Nee,” sê Elisa, “moenie hulle stuur nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie! |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê toe vir hom: “Daar is vyftig dapper manne onder ons; laat hulle tog u leermeester gaan soek: dalk het die Gees van die Here hom opgelig en êrens op 'n berg of in 'n vallei neergelaat.” Elisa het geantwoord: “Moet hulle nie stuur nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir hom gesê: “Kyk, by u dienaars is daar vyftig onverskrokke manne; laat hulle asseblief gaan en u heer soek. Dalk het die wind van die Here hom opgetel en op een van die berge of in een van die valleie neergewerp.” Maar hy het gesê: “Moet hulle nie stuur nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir hom gesê: “Luister asseblief, hier is 50 van ons manne, hulle is manne wat weet wat om te doen. Sê asseblief hulle moet jou meneer gaan soek. Miskien het 'n baie sterk wind hom opgetel en hom op een van die berge of in een van die valleie laat val.” Maar Elisa het gesê: “Nee, hulle moenie gaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het gesê: “Hier tussen ons is 50 sterk jongmanne tot u beskikking. Spreek net die woord dan sal ons u leier gaan soek! Miskien het die Here se Gees hom opgeraap en êrens op ’n berg of in ’n vallei neergesit.” “Nee, los dit maar,” het Elisa geantwoord, “moet hulle nie stuur nie.” |