2 Kings 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die profete-seuns wat in Jerigo sou sien, hom sien, sê hulle: Die gees van Elia rus op Elisa. En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die grond gebuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die groep profete van Jerigo het oorkant gestaan en gesien wat gebeur het. Hulle sê toe: “Elisa is Elia se opvolger!” Hulle het hom tegemoetgegaan en voor hom gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die profete-seuns wat in J,rigo was, het dit op 'n afstand gesien en gesê: Die gees van El¡a rus op El¡sa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig |
| Afrikaans 1983 | Toe die profete van Jerigo wat 'n entjie daarvandaan gestaan het, hom sien, het hulle gesê: “Die gees van Elia rus nou op Elisa.” Hulle het hom tegemoet geloop en voor hom gebuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die profetegroep wat aan die oorkant in Jerigo was, hom sien, het hulle gesê: “Die gees van Elia rus op Elisa.” Hulle het hom tegemoetgegaan en diep voor hom na die grond toe gebuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was profete van Jerigo daar naby, en toe hulle sien wat gebeur, sê hulle: “Elisa is nou 'n profeet soos Elia.” Hulle het na Elisa toe gekom en hulle het voor hom gebuig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die profete van Jerigo wat alles op ’n afstand staan en dophou het, het opgewonde geroep: “Nou is Elisa Elia se waardige opvolger!” Hulle het na hom toe gegaan en voor hom gebuig. |