2 Kings 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan die waters en sê: Waar is die HERE, die God van Elía? en toe hy ook die waters geslaan het, het hulle heen en weer geskei, en Elisa het oorgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het Elia se mantel wat afgeval het, gevat, daarmee op die water geslaan en uitgeroep: “Waar is die Here, die God van Elia, ja, Hy?” Toe hy die water slaan, het dit weerskante toe verdeel sodat hy kon deurgaan.
Afrikaans 1933/1953 en hy neem die mantel van El¡a wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die HERE, die God van El¡a, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en El¡sa het deurgegaan.
Afrikaans 1983 Hy het met hierdie mantel wat van Elia afgeval het, op die water geslaan en gesê: “Waar is die Here die God van Elia? Waar is Hy?” Toe Elisa die water slaan, het dit na links en na regs verdeel sodat hy kon deurgaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe neem hy Elia se mantel wat van hom afgeval het, slaan die water en sê: “Waar is die Here, die God van Elia?” Ook hy het die water geslaan, en die water het na weerskante verdeel, en Elisa het oorgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy neem toe die bo-kleed en hy slaan ook op die water en sê: “Waar is die Here, die God van Elia, waar is Hy?” En toe Elisa op die water slaan, het daar 'n pad deur die rivier gekom, en Elisa het deur die rivier geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die water met die mantel geslaan en uitgeroep: “Waar is die Here, Elia se God?” Die water het weer verdeel en hy het deur die rivier gestap.