2 Kings 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy van Tirhaka, die koning van Kus, hoor sê: Kyk, hy het uitgetrek om teen jou te veg; hy het weer boodskappers na Hiskía gestuur om te sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort daarna kry koning Sanherib van Assirië berig dat koning Tirhaka van Kus met ’n leër op pad is om hom aan te val. Voordat hy vertrek om die aanval te weerstaan, stuur hy die volgende brief met boodskappers aan Hiskia in Jerusalem: |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy van Tirh ka, die koning van Kus, hoor sê: Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg -- stuur hy weer boodskappers na Hisk¡a met die opdrag: |
| Afrikaans 1983 | Daar het die koning van Assirië berig gekry dat koning Tirhaka van Kus op pad is om hom aan te val. Die koning van Assirië stuur toe weer gesante na Hiskia toe met die boodskap: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Assirië het egter 'n berig gekry oor Tirhaka, die koning van Kus, wat lui: “Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg!” Hy stuur toe weer boodskappers na Hiskia, met die woorde: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het gehoor dat Tirhaka, die koning van die land Kus, kom om oorlog te maak teen hom. Toe die koning dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia toe gestuur. Hy het vir die boodskappers gesê |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna het koning Sanherib ’n boodskap gekry dat koning Tirhaka van Etiopië op pad was om hom aan te val. Voordat hy daarop gereageer het, het hy nog gou weer die volgende boodskap vir Hiskia in Jerusalem gestuur: |