2 Kings 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het die rábsake teruggekeer en die koning van Assirië gevind wat teen Libna oorlog voer, want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hoofadjudant het toe na die koning van Assirië teruggegaan, maar gehoor dat hy vanaf Lakis verskuif het en besig was om Libna aan te val.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die r bsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om te veg teen Libna; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans 1983 Toe die hoofadjudant hoor dat die koning van Assirië weg is van Lakis af, het hy teruggegaan. Hy het die koning aangetref waar hy met 'n aanval op Libna besig was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die rabsakee het teruggegaan en die koning van Assirië aangetref waar hy besig was om teen Libna te veg. Hy het immers gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het teruggegaan. Hy het gehoor dat die koning van Assirië weggegaan het van die stad Lakis en dat hy teen die stad Libna oorlog maak. Die hoof-offisier het die koning by Libna gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Assiriese hoofgesant het intussen teruggegaan na sy koning toe. Hy was nie meer by Lagis nie, maar het die dorp Libna aangeval.