2 Kings 19:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesaja sê vir hulle: So moet julle aan julle heer sê: So spreek die HERE: Moenie bevrees wees vir die woorde wat jy gehoor het waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 antwoord die profeet: “Sê vir julle koning: Dit is wat die Here sê: ‘Moenie bang wees oor die woorde van die boodskappers van die Assiriese koning, en hoe hulle My belaster het nie.
Afrikaans 1933/1953 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
Afrikaans 1983 sê hy vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: Moenie bang wees oor wat jy gehoor het, hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê Jesaja vir hulle: “So moet julle vir julle heer sê, ‘So sê die Here: “Moenie bang wees vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die onderdane van die koning van Assirië My belaster het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) sê Jesaja vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê die Here sê: Hiskia, jy het gehoor toe die offisiere van die koning van Assirië sleg gepraat het oor My, maar jy moenie bang wees daaroor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir hulle: “Hierdie boodskap van God is vir koning Hiskia bedoel. Die Here sê: ‘Moenie bekommerd wees oor die manier waarop die Assiriese afvaardiging met My gespot het nie.