2 Kings 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Miskien sal die HERE jou God al die woorde hoor van die rábsake, wat die koning van Assirië, sy heer, gestuur het om die lewende God te smaad; en Hy sal die woorde bestraf wat die HERE jou God gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar miskien het die Here jou God gehoor hoe die hoofadjudant van die Assiriese koning die lewende God gespot het. Dalk sal die Here jou God hom straf oor wat Hy gehoor het. Bid tog vir ons wat nog oorgebly het!”
Afrikaans 1933/1953 Miskien sal die HERE u God al die woorde hoor van die r bsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
Afrikaans 1983 Miskien sal die Here u God let op die woorde van die hoofadjudant wat deur die Assiriese koning gestuur is om die lewende God te smaad, en miskien sal die Here u God hulle straf oor wat Hy moes aanhoor. Bid tog vir die klompie van ons wat nog oor is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Miskien hoor die Here u God al die woorde van die rabsakee vir wie die koning van Assirië, sy heer, gestuur het om die lewende God uit te tart, en miskien sal Hy hom straf oor die woorde wat die Here u God gehoor het. Begin dan bid ter wille van die res wat nog oorgebly het. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien het jou God die Here gehoor wat die hoof-offisier gesê het. Dit is sy koning, die koning van Assirië, wat hom gestuur het om sleg te praat oor die God wat lewe. Miskien sal jou God die Here die koning van Assirië straf oor wat die koning gesê het. Ons wat nog lewe, is min, maar bid asseblief vir ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miskien sal die Here, u God, reageer op die neerhalende boodskap wat Assirië se koning deur sy hoofgesant vir ons gestuur het. Hy het die Here self beledig. Miskien sal die Here, u God, hulle straf vir hulle verwaandheid. Maar u moet asseblief bid vir ons klein klompie wat nog oorgebly het.’”