2 Kings 19:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hy in die huis van sy god Nisrog aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sareser hom met die swaard verslaan, en hulle het na die land Armenië ontsnap. En sy seun Esarhaddon het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag, terwyl hy in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sareser hom met hulle swaarde doodgemaak. Hulle het na Ararat toe gevlug. ’n Ander seun, Eserhaddon, het hom as koning van Assirië opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramm,leg en Sar,ser hom met die swaard neergeslaan; maar hulle het ontvlug na die land Ararat; en sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Terwyl hy op 'n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het Adrammelek en Sar-Eser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe, terwyl hy besig was om in aanbidding te kniel in die tempel van Nisrok, sy god, het sy seuns Adrammeleg en Sareser hom met die swaard neergevel. Hulle het na veiligheid in die land Ararat gevlug. Esarhaddon, sy seun, het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het hy in die tempel van sy god Nisrok gelê en bid. Sy seuns Adrammelek en Sar-Eser het hom daar met swaarde doodgesteek. Hulle het gevlug na die land Ararat, en Sanherib se seun Esar-Haddon het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hy op ’n dag in sy god Nisrok se tempel besig was om te bid, het twee van sy seuns, Adrammelek en Sareser, hom vermoor. Hulle twee het toe na die Araratgebied gevlug en ’n ander seun, Esarhaddon, het hom as koning opgevolg.