2 Kings 19:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie nag het die engel van die HERE uitgegaan en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg opstaan, was hulle almal dooie lyke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie nag het die engel van die Here na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak -- was dit almal dooie liggame! |
| Afrikaans 1983 | Daardie nag het 'n engel van die Here gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie nag het 'n •engel van die Here uitgetrek en in die kamp van die Assiriërs honderd vyf-en-tagtigduisend neergevel. Toe die mense van Jerusalem vroeg die oggend opstaan, was hulle morsdood, almal lyke! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Engel van die Here het daardie nag gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die volgende oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie nag het die Here 185 000 Assiriese soldate laat doodgaan. Toe die res die volgende oggend wakker word, was daar net lyke rondom hulle. |