2 Kings 19:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyle afskiet en nie met 'n skild voor dit kom en geen wal daarteen uitgooi nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië: “Hy sal nie in Jerusalem inkom of ’n pyl hier afskiet nie. Hy sal nie met skilde opruk of beleëringswalle teen sy mure ophoop nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie.
Afrikaans 1983 “Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië: Hy sal nie in dié stad inkom nie, hy sal nie 'n pyl hier afskiet nie, nie 'n skild teen die stad optel nie, nie 'n beleëringswal daarteen opgooi nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië, “ ‘Hy sal hierdie stad nie binnekom nie; hy sal daarin nie 'n pyl afskiet nie; hy sal daarteen nie opruk met 'n skild nie; hy sal nie 'n beleëringswal daarteen ophoop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daarom sê Ek, die Here, hierdie woorde oor die koning van Assirië: “Hy sal nie in hierdie stad inkom nie, hy sal nie hier met sy pyl en boog skiet nie. Hy sal nie hier sy skild kom optel om homself te beskerm nie. Hy sal nie grond teen die stad se muur gooi sodat hy oor die muur kan klim nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hier is die Here se boodskap oor die koning van Assirië: hy sal Jerusalem nie aanval of beleër nie. Hy sal nie eers ’n pyl na die stad toe skiet of probeer om in die stad in te kom nie.