2 Kings 19:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal vir jou 'n teken wees: Julle sal hierdie jaar eet wat vanself opkom, en in die tweede jaar wat daarvan opkom; en in die derde jaar saai en maai en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hier is die teken vir jou: Hierdie jaar sal julle eet wat vanself opkom en die volgende jaar wat dáárvan opkom. Maar in die derde jaar sal julle saai en oes. Julle sal wingerde plant en die vrug daarvan eet.
Afrikaans 1933/1953 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar -- saai en oes en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.
Afrikaans 1983 “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Dit sal vir jou, Hiskia, die teken wees: Eet vanjaar die opslaggraan, in die tweede jaar dit wat self opkom; maar in die derde jaar moet julle saai en oes, wingerde plant en die vrugte daarvan eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En, Hiskia, Ek sal vir jou 'n teken gee: Hierdie jaar sal julle die koring eet wat self opkom, en volgende jaar sal julle die koring eet wat dan nog self opkom. Maar die jaar daarna sal julle saai en koring afsny, julle sal wingerde plant en druiwe eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Jesaja vir Hiskia: “Hier is ’n teken vir jou: dié jaar sal julle net die koring kan eet wat self opslaan. Volgende jaar sal dit weer so wees, maar in die derde jaar sal julle self kan saai en oes. Julle sal weer wingerde kan plant en druiwe eet.