2 Kings 19:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jou woede teen my en jou rumoer in my ore opgekom het, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom in jou lippe, en Ek sal jou terugdraai op die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En weens jou woede teen My en jou verwaandheid wat Ek self gehoor het, sit Ek my haak deur jou neus en my stang in jou mond. Dan sal Ek jou laat teruggaan op die pad waarlangs jy gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Omdat jy dit gedoen het, omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor, sit Ek 'n haak deur jou neus en 'n stang tussen jou tande en lei Ek jou terug op die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy so teen My getier het, jou astrantheid my ore bereik het, sit ek my haak deur jou neus en my stang in jou mond. Ek laat jou terugkeer met die pad waarmee jy gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet wat jy teen My gesê het, Ek het gehoor hoe hoogmoedig jy gepraat het teen My. Daarom sal Ek 'n vishoek deur jou neus sit en Ek sal 'n stang in jou mond sit. Ek sal jou lei soos 'n perd, terug op dieselfde pad wat jy gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet selfs hoe jy teen My geraas en gevloek het. Daarom sal Ek jou met ’n ring deur die neus versier soos ’n koning wat verloor het en ’n toom in jou bek sit en jou op dieselfde pad terugjaag as waarlangs jy hierheen gekom het!” |