2 Kings 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom was hulle inwoners gering, hulle was verslae en beskaamd; hulle was soos die gras van die veld en soos die groen plante, soos die gras op die dakke en soos koring wat geblaas word voordat dit opgroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle inwoners is magteloos, verskrik en beskaamd; soos gras op die veld, broos soos sagte groen gras; soos gras op ’n dak verskroei nog voordat dit opkom.
Afrikaans 1933/1953 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras op die dakke en brandkoring voordat dit are skiet.
Afrikaans 1983 Hulle inwoners was magteloos, verskrik en sonder raad, soos veldplante, soos groen gras, soos gras op 'n huis se dak: dit verskroei voor dit behoorlik staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle inwoners was magteloos, hulle was verskrik en beskaamd. Hulle was veldplante en groen spriete, gras op dakke – verskroeid voordat dit kon saad maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat in die stede gewoon het, was nie sterk nie. Hulle het geskrik, hulle het nie geweet wat om te doen nie. Hulle was soos die plante in die veld, soos groen bossies, soos gras op die plat dak van 'n huis. Die gras word droog en gaan dood voordat dit goed kan groei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) daarom was hulle inwoners so kwesbaar en onvoorbereid op wat hulle sou tref soos grassprietjies wat bo-op ’n dak opslaan en dadelik doodgaan as die son skyn.