2 Kings 19:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het jy nie lank gelede gehoor hoe Ek dit gedoen het en van die ou tye dat Ek dit gevorm het nie? nou het Ek dit laat gebeur, dat jy omheinde stede in puinhope moet verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar het jy nie gehoor nie? Ek het lankal daaroor besluit. Lank gelede het Ek dit beplan. Nou maak Ek dit werklikheid: dat jy versterkte stede tot rommelhope sal verpletter. |
| Afrikaans 1933/1953 | Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit gereedgemaak, van die dae van die voortyd af beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede kon verwoes tot puinhope. |
| Afrikaans 1983 | “So sê die Here vir jou, Sanherib: Het jy dan nie gehoor nie, Ék het dit bewerk, lank gelede al, van die vroegste tye af het Ek dit voorberei en Ek het dit nóú laat gebeur: jy moes vestingstede verwoes en puinhope van hulle maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Het jy dit nie gehoor nie? In die verre verlede het Ek juis dit voorberei; in die voortyd het Ek dit beplan. Nou laat Ek dit aanbreek – dat jy versterkte stede puinhope maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy moet weet dat Ek lank gelede besluit het dat jy dit moet doen. Ek, die Here, het lank gelede gesê dit moet so wees, en nou het Ek dit laat gebeur. Daarom kon jy stede verwoes, stede wat sterk mure het. Daardie stede is nou net hope klippe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wéét jy dan nie, Sanherib? Het jy nie gehoor nie? Ék het dié dinge baie lank gelede al beplan. Nou het Ek dit alles laat gebeur: Jy moes vestingstede aanval en verwoes, |