2 Kings 19:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur jou boodskappers het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek opgeklim tot op die hoogtes van die berge, na die uithoeke van die Líbanon, en ek sal sy hoë sederbome en die uitgesoekte sipres omkap bome daarvan, en Ek sal ingaan in die woonplekke van sy grondgebied en in die woud van sy Karmel.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur jou boodskappers het jy die Here gelaster. Jy het gesê: ‘Met my baie strydwaens het ek hoë berge bestyg, die hoogste pieke van die Libanon. Ek het sy hoogste seders, sy keurigste sipresse afgekap. Ek het sy verste uithoeke bereik, sy digte woude binnegedring.
Afrikaans 1933/1953 Deur jou boodskappers het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my waens het,k die hoogte van die berge opgeklim, die uithoeke van die L¡banon, en ek het sy statige seders, die keur van sy sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy bos wat is soos 'n tuin.
Afrikaans 1983 Deur jou gesante het jy die Here geminag toe jy gesê het: ‘Ek het met my wa teen die hoogste berge op gery, na die toppe van die Libanon toe; ek het sy hoogste seders afgekap, sy mooiste sipresse. Ek het sy verste skuilhoeke binnegedring, sy digste bosse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur jou boodskappers het jy die Heer uitgetart. Jy het gesê: “Met die strydwaens van my strydwamag het ek die hoogste berge bestyg, die uithoeke van die Libanon. Ek het sy hoogste seders afgekap, die keur van sy sipresse. Ek het sy verste oornagplekke binnegegaan, sy digste struikgewasse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het jou offisiere gestuur om sleg te praat oor die Here. Jy het gesê: ‘Ek het teen die hoogste berge opgery met my baie oorlogkarre, ek het gery tot bo-op die Libanon-berg. Ek het die grootste sederbome afgekap, die mooiste sipresbome op die berg. Ek het gekom tot op die hoogste plek op die berg, tot waar die meeste bome is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Deur jou boodskappers het jy gespog en gesê: ‘Ék het die hoogste berge, die verste pieke van die Libanon oorwin, ek het die heel hoogste seders en die heel mooiste sipresbome afgekap en tot in die diepste woude ingedring.