2 Kings 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het jy gesmaad en gelaster? en teen wie het jy jou stem verhef en jou oë in die hoogte opgehef? selfs teen die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie dink jy het jy beledig en belaglik gemaak? Teen wie het jy jou stem verhef en met trots jou oë opgeslaan? Dit was die Heilige van Israel! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Vir wie het jy beledig en belaster? Vir wie het jy geskreeu en uitgedaag? Die Heilige van Israel! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het jy uitgetart en belaster? Teen wie het jy jou stem verhef? Jy het uit die hoogte neergesien op die Heilige van Israel! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Oor wie het jy sleg gepraat? Vir wie het jy geskree en teen wie het jy gespog? Dit was teen die Heilige God van Israel! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie dink jy het jy belaster en bespot? “Dit was die Heilige Een van Israel! |