2 Kings 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het; Die maagd, die dogter van Sion, het jou verag en jou uitgelag; die dogter van Jerusalem het haar hoof oor jou geskud.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat die Here oor hom sê: “Die dogter van Sion verag jou en lag vir jou. Die dogter van Jerusalem kyk jou spottend agterna.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.
Afrikaans 1983 “Dit is wat die Here oor Sanherib sê: “Sion verag jou en lag jou uit, Jerusalem kyk jou met minagting agterna.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die woord wat die Here oor hom spreek, “ ‘Sy verag jou, dryf die spot met jou, die maagd, die dogter van Sion. Agter jou rug skud sy haar kop, die dogter van Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat die Here oor Sanherib sê: “Sanherib, die mense van Sion lag vir jou, hulle dink jy beteken niks. Die mense van Jerusalem steek hulle tong uit vir jou, want jy moet nou weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hier is die Here se antwoord oor Sanherib: Jerusalem verag jou en lag jou uit, skud die kop minagtend as jy wegvlug.