2 Kings 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe stuur Jesaja, die seun van Amos, na Hiskía om te sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het gehoor wat jy tot My gebid het teen Sanherib, die koning van Assirië.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe stuur Jesaja seun van Amos die volgende boodskap aan Hiskia: “Dis wat die Here, die God van Israel, sê: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië gehoor.
Afrikaans 1933/1953 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, Hisk¡a weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het insake S nherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.
Afrikaans 1983 Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur: “So sê die Here die God van Israel: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesaja, seun van Amos, het toe vir Hiskia laat weet: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Wat jy tot My gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur. Jesaja het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê Hy het gehoor wat jy gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesaja het toe vir Hiskia laat weet: “Die Here sê Hy het gehoor wat jy Hom oor Sanherib, die Assiriese koning, gevra het.