2 Kings 19:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het Eljakim, wat oor die huis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, bedek met rouklere, na die profeet Jesaja, die seun van Amos, gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna stuur hy die paleisbestuurder Eljakim, die staatsekretaris Sebna en die leierpriesters, almal met rouklere aan, na die profeet Jesaja seun van Amos.
Afrikaans 1933/1953 Daarna stuur hy ljakim wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
Afrikaans 1983 Daarna stuur hy die paleisbestuurder Eljakim, die staatsekretaris Sebna en die leiers van die priesters, almal in rouklere, na die profeet Jesaja seun van Amos toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy stuur toe vir Eljakim, hoof van die hofhouding, Sebna, die sekretaris, en die oudstes van die priesters, in hulle rouklere na die profeet Jesaja, seun van Amos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het die amptenare Eljakim en Sebna, en die leiers van die priesters na die profeet Jesaja toe gestuur. Jesaja was die seun van Amos. Hulle het rouklere aangehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop stuur hy toe vir Eljakim, Sebna en die leiers van die priesters na die profeet Jesaja, Amos se seun. Die hele afvaardiging het rouklere aangehad.