2 Kings 19:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en hulle het hulle gode in die vuur gegooi, want hulle was geen gode nie, maar die werk van mensehande, hout en klip; daarom het hulle hulle vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis waar dat hulle die gode van hierdie nasies verbrand het. Maar natuurlik kon die Assiriërs hulle vernietig! Hulle was glad nie gode nie, net maar beelde van hout en klip, die werk van mensehande. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip; daarom kon hulle dit vernietig. |
| Afrikaans 1983 | en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle gode in die vuur gegooi het. Want dit was nie gode nie, maar net die werk van mensehande, hout en klip, en hulle het dit vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die volke se gode in die vuur gegooi. Maar daardie gode was nie waarlik gode nie, mense het hulle gemaak van hout en klip. Daarom het die gode verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En hulle hét al die volke se gode omgegooi en verbrand. Maar hulle kon dit doen, want daardie gode is nie regtig gode nie! Daardie gode was sommer afgode wat mense uit hout en klip gemaak het. |