2 Kings 19:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat tussen die gérubs woon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het hemel en aarde gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bid hy voor die Here soos volg: “O Here, God van Israel, U wat oor die serafs troon! U alleen is God oor al die koninkryke op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En Hisk¡a het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat op die g,rubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak!
Afrikaans 1983 Toe het hy tot die Here gebid: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia het toe voor die Here gebid en gesê: “ Here, God van Israel wat bo die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het tot die Here gebid en gesê: “Here, God van Israel, u troon is bokant die gerubs. U alleen is God van al die lande op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe bid hy: “O Here wat die Groot Bevelvoerder is, God van Israel, U regeer oor alles. U is die God van alle koninkryke op aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.