2 Kings 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiskía het die handbrief van die boodskappers ontvang en dit gelees; en Hiskía het opgegaan in die huis van die HERE en dit voor die aangesig van die HERE uitgesprei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Hiskia die brief van die boodskappers ontvang en gelees het, gaan hy op na die Here se tempel toe en sprei dit oop voor die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hisk¡a die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hisk¡a het dit voor die aangesig van die HERE uitgesprei. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe voor die Here oopgesprei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Hiskia die briewe uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here. Hiskia het dit daar voor die Here oopgesprei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het die briewe geneem wat die boodskappers gebring het, en hy het dit gelees. Toe het Hiskia na die tempel gegaan en hy het die briewe neergesit voor die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Hiskia die brief van die boodskappers af kry, het hy dit gelees. Daarna het hy tempel toe gegaan en dit voor die Here oopgesprei. |