2 Kings 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle met Hiskía, die koning van Juda, spreek en sê: Laat jou God op wie jy vertrou jou nie mislei deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie boodskap is vir koning Hiskia van Juda. Moenie toelaat dat jou God op wie jy vertrou, jou mislei met beloftes dat die koning van Assirië nie Jerusalem sal inneem nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet julle aan Hisk¡a, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir koning Hiskia van Juda: Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou mislei met sy versekering dat Jerusalem nie in my mag oorgegee sal word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So moet julle vir Hiskia, die koning van Juda sê, ‘Moenie dat jou God, op wie jy vertrou, jou bedrieg met die woorde: “Jerusalem sal nie oorgegee word in die hand van die koning van Assirië nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle moet vir koning Hiskia van Juda sê: “Hiskia, jy glo in jou God, maar jy moenie dat Hy jou bedrieg nie. Jou God sê die koning van Assirië sal nie Jerusalem oorwin nie. Dit is nie waar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dié boodskap is vir koning Hiskia van Juda bedoel: Moenie dat die God op wie jy vertrou jou mislei as Hy jou belowe dat Jerusalem nie deur die koning van Assirië oorwin sal word nie. |