2 Kings 19:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE ingegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Hiskia dit hoor, skeur hy sy klere, trek rouklere aan en gaan na die Here se tempel toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe koning Hisk¡a dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy ook sy klere geskeur. Hy het rouklere aangetrek en is na die huis van die Here toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur, 'n roukleed omgehang en na die huis van die Here gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en na die tempel gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koning Hiskia die boodskap hoor, het hy ook van ontsteltenis sy klere geskeur. Hy het rouklere aangetrek en tempel toe gegaan. |