2 Kings 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het die Filistyne verslaan, tot by Gasa en sy grense, van die wagtoring af tot by die omheinde stad.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die Filistyne verslaan, of dit buitepos was of vestingstad, en hulle tot so ver as Gasa en sy grondgebied onderwerp.
Afrikaans 1933/1953 Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad.
Afrikaans 1983 Hy het die Filistyne verslaan en hulle teruggedryf, wagpos vir wagpos, vestingstad vir vestingstad, tot by Gasa en die gebied daar rondom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hy wat die Filistyne verslaan het – van wagtoring tot versterkte stad, so ver as Gasa en die grondgebied daaromheen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het die Filistyne oorwin tot by die stad Gasa en die plekke daar naby, hy het elke stad oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook teen die Filistyne geveg en hulle verslaan. Hiskia het Gasa met sy hele gebied ingeneem: van die kleinste buitepos tot die grootste ommuurde stad.