2 Kings 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE was met hom; en hy was voorspoedig oral waar hy uitgetrek het, en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here was met Hiskia en hy was suksesvol in alles wat hy gedoen het. Hy het teen die koning van Assirië in opstand gekom en was nie meer aan hom onderdanig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here was by Hiskia, en Hiskia was voorspoedig in alles wat hy onderneem het. Hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en was nie meer aan hom onderdanig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here was met hom. In al die veldtogte wat hy onderneem het, het hy sukses behaal. Hy het teen die koning van Assirië in opstand gekom en was nie meer aan hom onderdanig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here was by Hiskia, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hiskia het opstandig geword teen die koning van Assirië en hy het opgehou doen wat die koning van Assirië wou hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het Hiskia ook bygestaan sodat hy suksesvol was in alles wat hy aangepak het. Hy het teen die koning van Assirië in opstand gekom en geweier om aan hom belasting te betaal. |