2 Kings 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het die HERE aangehang en nie van Hom afgewyk nie, maar sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het in alles getrou gebly aan die Here sonder dat hy afgedwaal het. Hy het al die gebooie wat die Here vir Moses gegee het, gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Hy was getrou aan die Here en het nie van Hom af weggedraai nie. Hiskia was gehoorsaam aan die gebooie wat die Here aan Moses gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het aan die Here vasgehou en nie van Hom weggedraai nie. Hy het sy gebooie, dit wat die Here Moses beveel het, nagekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het aangehou om die Here te dien, hy het nie opgehou om dit te doen nie en hy was gehoorsaam aan die wette wat die Here vir Moses gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was baie lojaal aan die Here en het getrou al die wette nagekom wat die Here aan Moses gegee het.