2 Kings 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die hoogtes verwyder en die beelde verbreek en die bosse afgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend geslaan, want tot op daardie dae het die kinders van Israel daarvoor rook laat opgaan, en hy het dit Nehustan genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die heidense hoogtes verwyder, die heilige klippilare stukkend geslaan en die Asjerapale afgekap. Hy het ook die bronsslang wat Moses gemaak het, stukkend geslaan omdat die Israeliete dit tot op daardie stadium met brandoffers vereer het. Die bronsslang is Negustan genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op die dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehustan genoem. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap. Hy het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer. Die slang is Negustan genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die een wat die offerhoogtes verwyder het, die gedenkstene stukkend gebreek en die asjera afgekap het. Hy het die koperslang wat Moses gemaak het, verbrysel, want tot in daardie tyd het die Israeliete daarvoor offers verbrand. Die mense het dit Negustan genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hy wat die offer-plekke laat afbreek het. Hy het die klip-pale stukkend gebreek en die gewyde pale afgekap. Hy het ook die brons slang stukkend laat slaan wat Moses in die woestyn gemaak het, want die Israeliete het nog altyd vir die slang wierook gebrand. Hulle het die slang “Negustan” genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het: die heidense heiligdomme verwoes; die klippilare omgegooi en gebreek; die Asjerastompe uitmekaargeslaan; die bronsslang, wat Moses nog gemaak het, vernietig. Dit was nodig om die slang tot niet te maak omdat die Israeliete dit as ’n afgod begin vereer het deur offers daarvoor te bring. Hulle het die bronsslang Negustan genoem. |