2 Kings 18:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die volk het stilgebly en hom geen woord geantwoord nie, want die koning se bevel was: Antwoord hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die manskappe het stilgebly en hom nie geantwoord nie, want koning Hiskia het hulle beveel om nie te praat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie. |
| Afrikaans 1983 | Die manskappe het stilgebly en nie geantwoord nie, want die koning het hulle beveel om nie te antwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manskappe het egter stilgebly en hom nie met 'n enkele woord geantwoord nie, want die bevel van die koning was: “Julle moet hom nie antwoord nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eljakim en die ander twee manne het stilgebly, hulle het nie die hoof-offisier geantwoord nie, want koning Hiskia het gesê hulle moenie die hoof-offisier antwoord nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate het net stilgebly, want Hiskia het hulle beveel om die Assiriërs glad nie te antwoord nie. |